
Internet Sensasie - Mel die storie verteller
Sat, Aug 02
|Lyric Lounge Theatre @ Odyssey Mall
In die regte lewe is Mel die Storieverteller 'n komediant en katliefhebber, maar in 'n ander dimensie - die een binne ons fone - is sy 'n Afrikaanse internetsensasie. In haar derde stand up comedy show, Internet Sensasie, verklap Mel UITEINDELIK wat sy rérig dink van hierdie elektroniese oerwoud.


Time & Location
Aug 02, 2025, 7:00 PM – 9:00 PM
Lyric Lounge Theatre @ Odyssey Mall , Odyssey Mall, 1 Simbithi Dr, Ballito, Durban, 4420, South Africa
Guests
Tickets
08/02
Mel die Storieverteller is ‘n komediant en skrywer wat bekendheid verwerf het deur haar skreeusnaakse video’s en skerp sê-goed. Met ‘n agtergrond in Drama en onderwys ken sy die lewe van ‘n lopende sirkus. Dis immers iets wat ‘n oom eenkeer op haar geskree het “Jy lyk soos ‘n sirkus!”. Vir ander sou dit dalk as ‘n belediging geklink het, maar vir Mel was dit die grootste kompliment en het dit haar lewe verander.
ZAR 200.00+ZAR 5.00 ticket service fee